"𝗪𝗮𝗻𝗻𝗲𝗲𝗿 𝘃𝗲𝗶𝗹𝗶𝗴 𝗴𝗲𝘃𝗮𝗮𝗿𝗹𝗶𝗸 𝗿𝗮𝗮𝗸"

Sermon  •  Submitted
0 ratings
· 8 views
Notes
Transcript
#geloof #aksie #risiko #veilig #beweging #vastevertroue #vreesloos #aktief
"𝗪𝗮𝗻𝗻𝗲𝗲𝗿 𝘃𝗲𝗶𝗹𝗶𝗴 𝗴𝗲𝘃𝗮𝗮𝗿𝗹𝗶𝗸 𝗿𝗮𝗮𝗸"
Geloof is altyd 'n aksie. Ons veiligheid is belangrik, maar oordrewe veiligheid inhibeer ontwikkeling. Seuns ontwikkel juis deur soms gevaar te trotseer, en bedrewe te word in allerhande vaardighede, soos skaatsplank, boomklim, en van hoogtes afspring. Ons geloof groei nie deur wat ons van die Here weet nie, maar deur dit wat ons weet in aksie te beproef! Word hierdie Sondag geïnspireer om in die veiligheid van geloofsdade te waag en te oorwin!
And this is the victory that has overcome the world—our faith. (1 John 5:4)
Daar behoort 'n gesonde spanning tussen die moederlike "veiligspeel" en die vaderlike "lekker-gevaar' instink in die opvoedingproses na volwassenheid te wees. Beide is belangrik! Geloof is die heilige balans tussen die vroulike inhibisie, en die manlike triomf.
Hoofskrifgedeelte: Luk 19:11-27
Hierdie gedeelte moenie vergelyk word met die een oor die talente nie. (Mat 25:14-30) Dié gelykenis het heeltemal ‘n ander boodskap:
“‘n Man van adellike afkoms het na 'n ver land toe op reis gegaan om as koning aangestel te word en dan terug te kom.” Is duidelik Jesus, die man van adellike afkoms, wat nie deur sy eie landgenote aanvaar word nie.
Hy gee 10 slawe dieselfde bedrag. Teenoor die gelykenis waar diensknegte “elkeen volgens sy spesifieke bekwaamheid” talente, omtrent 20jr se verdienste. Die verwysing na slawe en die getal 10, ‘n heel getal, verwys na die totale versameling van diensknegte, slawe, volgelinge van Jesus, wat die belofte ontvang het dat ons Heer, die koning is, en by Sy terugkeer gekroon gaan word. Ons is slawe van Sy koninkryk.
4231. πραγματεύομαι pragmateúomai; fut. pragmateúsomai, mid. deponent from prágma (G4229), matter, business. To be doing, to be busy, occupied, to do business, to trade or traffic (Luke 19:13).
Deriv.: diapragmateúomai (G1281), to gain by doing business, to bargain; pragmateía (G4230), a transaction, affair.
Syn.: ergázomai (G2038), to work; katergázomai (G2716), to accomplish; energéō (G1754), to effect, operate; kámnō (G2577), to toil; emporeúomai (G1710), to carry on business.
Ant.: argéō (G0691), to be idle.
Daar was 'n algemeen bekende historiese parallel aan hierdie verhaal. Beide Herodes die Grote en sy seun Archelaus het na Rome gereis om die koninkryk Judea van die keiser Caesar te ontvang. In die geval van Archelaus het die volk van Judea hom gehaat en 'n afvaardiging na hom gestuur na Rome om aan die keiser te sê dat hulle nie wil hê dat hierdie man oor hulle moet regeer nie. Augustus het gekompromitteer deur Archelaus toe te laat om te regeer, maar slegs met die titel etnarch, onder die uitgangspunt dat hy die titelkoning sou moes verdien, wat hy nooit gedoen het nie. Archelaus het vir hom 'n pragtige paleis in Jerigo gebou, waar Jesus gepraat het. Jerigo was ongeveer ses uur se stap, 18 myl, van Jerusalem af.
Die rede vir hierdie gelykenis word aan die begin verduidelik: Die aanleiding was dat Jesus naby Jerusalem was en die mense gedink het dat die koningsheerskappy van God skielik, ja, enige oomblik sou aanbreek.
Soos die mense wat na Jesus geluister het, verwag ons dat Jesus dinge gaan verander. Hy gaan nou Sy koningskap aankondig, ‘n revolusie begin, en dan gaan dit met ons almal beter gaan.
Jesus benadruk ‘n ander realiteit: Hy gee vir ons elkeen dieselfde mate van geloof (Rom 12:3) en genade (Eph 4:7), ons moet egter daarmee handel dryf, dit uitgee, en dit wat ons ontvang het vermeerder (Mat 10:8). Die eerste perspektief is ons passief, en die koning aktief. In Jesus se verhaal is die slawe aktief, en die koning op ‘n ver reis. Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag... (2 Pet1:3-4)
Ons almal hou egter baie meer van passiwiteit, gemaklikheid, veiligheid, rus, niks doen...
Ons leef tans in ‘n feministiese liberale wêreldbeskouing, gelykheid vir almal, voedselveiligheid, naspeurbaarheid, estetiese gemak en gerief, veiligheid, veiligheid!!
Stabiliteit en veiligheid is natuurlike strewe van enige beskawing; dit is waarom ons lewens langer, gesonder en meer welvarend geword het. Tog ondervind ons steeds van tyd tot tyd vernietigende finansiële krisisse, duur natuurrampe en dodelike ongelukke. As ons mooi kyk na die gedrag wat hierdie rampe voorafgaan, het hierdie gerief en veiligheid ons eintlik swakker, en minder paraat, aan die slaap gesus! Veiligheid beteken ook dat sommige mense juis hierdie veiligheid gebruik om groter risiko’s te eksploreer.[1]
Besparing is 'n vorm van versekering en ‘n goeie ding. Individue spaar om hulleself te beskerm teen ekonomiese terugslae. Lande doen dieselfde deur buitelandse valuta reserwes te versamel. Maar vir een persoon wat spaar, moet iemand anders leen. As 'n land as geheel meer spaar stoot rentekoerse af en moedig 'n ander aan land om meer te leen, wat skuldgedrewe bateborrels lewer en derhalwe finansiële krisisse. As rentekoerse so laag is en almal meer spaar en minder spandeer verminder almal se inkomste en maak die land armer. Dit is die paradoks van spaarsaamheid.
Hierdie gelykenis bied ons ‘n derde opsie om ‘n gesonde balans tussen die handhawing van veiligheidsmaatreëls en genoeg gevaar te handhaaf: Woeker; pragmatiese besig wees, handel dryf, sake doen, beweeg uit, en neem risiko’s.
Greg Ip stel Gerald Wilde voor, 'n sielkundige aan die Queen's University in Kingston, Ontario, wat beweer dat almal 'n "risikotermostaat" het wat 'n mens se gedrag aanpas totdat hul voorkeurvlak bereik word. Hy demonstreer deur sy navorsing, dat mense gewoonlike meer goeie keuses maak, as hulle genoeg sensoriese terugvoering kry. Soos ‘n bergklimmer ‘n fyn aanvoeling ontwikkel oor die sterkte van anker punte, en ‘n branderplankryer die brander swel kan aanvoel raak die avonturier veiliger deur hulle innerlike vernuf.
Hierdie innerlike aanvoeling om die lewe voluit te leef, maar ook die regte grense te respekteer, maak die gelowige ‘n formidabele karakter sterk mens, te midde van krisis. Die geloofsdade van vermenigvuldiging, woeker, pragmatiese oplossings, getuienisse bring geestelike gesag mee. Een slaaf het sy bedrag vertiendubbel. Hy word aangestel om oor 10 stede te regeer. ‘n Slaaf word ook ‘n adellike koninklike heerser!
Die vrugbare, oes lewer, dade van ‘n gelowige bied ons geestelike gesag, nie net in die wêreld wat kom nie, maar ook in hierdie wêreld. Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word. Die wat vermeerder het, vrug gedra het, oes gelewer het, kry nog meer, en nog meer!
Die skepper God, skep deur Sy woorde ‘n Eden uit chaos.
Getuig, bid vir siekes, bedien mense, gee aan die armes, versorg die wees, dryf duiwels uit, raak aan die wat deur stigmas verstoot word kos geloofsrisiko selfopofferende geloofsdade!! Ons moet uitwaarts, dink en doen.
Die groot hartseer van hierdie verhaal is dat die slaaf se vrees teenoor die Heerser gerig was. ‘Meneer, hier is u muntstuk. Ek het dit in 'n doek gebêre. Ek was bang vir u, want u is 'n harde man. U eis op wat u nie belê het nie, en oes wat u nie gesaai het nie.’ Soms kan godsdiens reëls en regulasies mense in vrees vir oordeel lamlê. Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie. (1 Joh 4:18)
1. Vrees vir beheer verloor en die onbekende
Kern probleem: God kompleks. Self is op die troon.
1 Cor 10:13; Phil 4:13; Rom 8:31
2. Vrees vir afstand en isolasie
Kernprobleem: 2de-handse realiteit van Liefde
Rom 8:15; 1 John 4:18-19; Eph 1:6
3. Vrees vir verwerping en gesig verloor
Kern Probleem: Vrees vir die mens
2 Tim 1:7; Isa 50:6-7; Num 14:9; Isa 8:12; Mat 10:28
4. Vrees vir die dood en seerkry
Kern Probleem: Nog nie self-verloën, selfloos
Gal 2:20; Heb 2:15; 1 Cor 15:55; Rom 8:28; 2 Tim 3:12
Ons oorwin deur die geloof
Geloof is wysheid!
Geloof is nie haastig nie!
Geloof is vaste vertroue!
Geloof is ‘n vreeslose sekerheid!
Geloof is ‘n daad!
Geloof is Heilig en Goddelik!
Geloof is ‘n genade-geskenk!
Geloof is beweging!
Geloof is Liefde!
[1] Ip, G., 2015. Foolproof. 1st ed. Copyright © 2015 by Greg Ip. Reprinted with permission of Little, Brown and Company.
Related Media
See more
Related Sermons
See more